Esther 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hierdie daad van die koningin sal na al die vroue kom, sodat hulle hul mans in hul oë sal verag, wanneer daar gerapporteer word: Die koning Ahasveros het beveel dat die koningin Vasti voor hom ingebring moet word, maar sy het nie gekom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sodra haar optrede onder die vroue bekend word, sal hulle oral hulle mans begin minag. Hulle sal sê: ‘Koning Ahasveros het beveel dat koningin Vasti voor hom moet verskyn, maar sy het geweier om te kom.’
Afrikaans 1933/1953
Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasv,ros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie.
Afrikaans 1983
Haar optrede sal bekend word by al die vrouens en sal daartoe lei dat hulle geen ontsag meer vir hulle mans het nie. Hulle sal sê: ‘Koning Ahasveros het beveel dat koningin Vasti voor hom moet verskyn, maar sy het nie gekom nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want die nuus oor die koningin se gedrag sal onder al die vroue versprei, en dit sal daartoe lei dat hulle op hulle mans neersien. Hulle sal sê, ‘Koning Ahasveros het beveel dat koningin Vasti voor hom moet verskyn, maar sy het nie gegaan nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die vroue sal hoor wat die koningin gedoen het en hulle sal dink hulle mans is nie belangrik nie. Hulle sal sê: ‘Koning Ahasveros het vir koningin Vasti laat roep, en sy het nie gekom nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sodra die vroue hiervan hoor, sal hulle almal begin neersien op hulle mans. Hulle sal sê: ‘Koning Ahasveros het koningin Vasti beveel om na hom toe te kom en sy het geweier.’