Esther 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wanneer die bevel van die koning wat hy sal maak, in sy hele ryk bekend gemaak sal word (want dit is groot), moet al die vroue aan hulle mans eer gee, groot sowel as klein.
Afrikaans (NLV) 2011
Sodra die bevel wat die koning uitgevaardig het oor sy uitgestrekte koninkryk bekend word, sal elke vrou haar man, belangrik of onbelangrik, met die nodige eerbied behandel.”
Afrikaans 1933/1953
As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk -- want dit is groot -- uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste.
Afrikaans 1983
As die bevel wat die koning uitvaardig, bekend word oor sy uitgestrekte koninkryk sal elke vrou haar man, belangrik of onbelangrik, met eerbied behandel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As die bevel gehoor word wat die koning in sy hele koninkryk – groot soos dit is – uitgevaardig het, sal alle vroue hulle mans, van die belangrikste tot die geringste, met eerbied behandel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As die mense in al die lande waaroor die koning regeer, hoor wat die koning gesê het, dan sal elke vrou haar man respekteer, dit maak nie saak of die man belangrik of onbelangrik is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer hierdie bevel van die koning dan oor sy uitgestrekte koninkryk bekend word, sal al die vroue weer hulle mans, of hulle nou belangrik of onbelangrik is, met respek behandel.”