Esther 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hy het briewe gestuur na al die provinsies van die koning, na elke provinsie volgens die geskrifte daarvan, en aan elke volk volgens hulle taal, dat elkeen in sy eie huis sou heers, en dat dit bekend gemaak moes word volgens die taal van elkeen mens.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het na elke provinsie briewe gestuur in hulle eie skrif en in die taal van die mense wat daar bly. Hy het bevel gegee dat elke man baas moet wees in sy eie huis en kan sê wat hy wil.
Afrikaans 1933/1953
En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat.
Afrikaans 1983
en briewe gestuur na al die provinsies, na elke provinsie in sy eie skrif en na elke volk in sy eie taal. Hierin het gestaan dat elke man baas moet wees in sy eie huis en moet optree volgens die gebruik van sy volk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het briewe uitgestuur na al die provinsies van die koning, na elke provinsie, in die inwoners se eie skrif, aan elke volk in sy eie taal. Elke man moes oor sy huis heers en sy moedertaal praat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê hulle moet briewe stuur na elke provinsie, en hulle moet die skrif en die taal gebruik van die mense van daardie provinsie. Die koning het gesê dat elke man die hoof moet wees in sy huis en dat hy moet doen wat die mense van sy volk gewoonlik doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning stuur toe ’n amptelike brief na elke provinsie wat onder sy beheer was. Dit was in hulle eie taal geskryf sodat hulle dit kon verstaan. In hierdie brief het hy opdrag gegee dat elke man die leiding moet neem in sy huis en dat hy die finale sê het.