Esther 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In die derde jaar van sy regering het hy vir al sy vorste en sy dienaars 'n feesmaal gehou; die mag van Persië en Medië, die edeles en vorste van die provinsies, voor hom;
Afrikaans (NLV) 2011
In die derde jaar van sy regering het hy ’n onthaal gegee vir al sy hoë amptenare en die ander vooraanstaande persone in sy diens. Die leëroffisiere van Persië en Medië, die vername mense en die goewerneurs van die provinsies was daar.
Afrikaans 1933/1953
in die derde jaar van sy regering, het hy 'n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;
Afrikaans 1983
in die derde jaar van sy regering, het hy 'n onthaal gegee vir al sy hoë amptenare en ander in sy diens. Die leëroffisiere van Persië en Medië, die vername mense en die hoë amptenare van die provinsies was teenwoordig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
dit was die derde jaar van sy regering – het hy 'n feesmaal aangebied vir al sy •hoë amptenare en dienaars. Die militêre leiers van die Perse en die Meders, die koninklikes en die hoë amptenare van die provinsie het voor hom verskyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In die derde jaar nadat hy koning geword het, het hy 'n fees gehou vir al sy amptenare en ministers. Die belangrike manne van die lande Persië en Medië was daar, en al die belangrikste amptenare van die provinsies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In sy derde jaar as koning het hy ’n groot fees gehou vir al sy hoë amptenare en ander werknemers. Die weermagoffisiere van Persië en Medië was daar, asook ander uitgesoekte gaste en die regeerders van die provinsies.