Esther 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hy die rykdom van sy heerlike koninkryk en die eer van sy voortreflike majesteit baie dae, honderd en tagtig dae, getoon het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die fees het 180 dae lank aangehou, terwyl die koning gespog het met die rykdom van sy koninkryk en al die prag en praal daarvan.
Afrikaans 1933/1953
waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd en tagtig dae lank, vertoon het.
Afrikaans 1983
By dié geleentheid het die koning al die rykdom waarmee sy koninkryk kon spog, al die prag en praal daarvan, honderd en tagtig dae lank vertoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe die prag en praal van sy koninkryk se rykdom, sowel as die kosbare skatte wat van sy belangrikheid getuig, dae lank, 180 dae lank, vertoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning wou vir hulle wys dat hy 'n ryk en belangrike koning is. Die fees het 180 dae lank aangehou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ses maande lank het hy met sy rykdom en indrukwekkende koninkryk gespog.