Esther 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hierdie dae verby was, het die koning sewe dae lank 'n feesmaal gehou vir al die mense wat in die paleis Susan was, van groot tot klein, in die voorhof van die tuin van die koning se paleis;
Afrikaans (NLV) 2011
Na afloop hiervan het die koning almal wat in die vestingstad Susan gebly het, van die belangrikste tot die minste, ’n week lank in die tuin van sy paleis onthaal.
Afrikaans 1933/1953
En toe die dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, 'n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis.
Afrikaans 1983
Daarna het die koning almal in die stad Susan, groot en klein, 'n week lank in die paleistuin onthaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En ná hierdie geleentheid het die koning nog 'n feesmaal aangebied in die binnehof van sy paleistuin vir al die mense wat hulle in die vestingstad Susan bevind het, van die belangrikste persoon tot die geringste, sewe dae lank.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ná daardie fees het die koning almal wat in die stad Susan gewoon het, genooi om saam met hom fees te vier op die oop stuk grond in die tuin van sy paleis. Hierdie fees het sewe dae lank aangehou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het die koning almal in die stad Susan ’n week lank in die paleistuin onthaal. Dit het nie saak gemaak of hulle belangrik was of nie, ryk of arm, almal is uitgenooi.