Esther 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het hulle te drinke gegee in goue houers (die voorwerpe was verskillend van mekaar) en koninklike wyn in menigte, volgens die toestand van die koning.
Afrikaans (NLV) 2011
Drank is bedien in goue bekers met verskillende ontwerpe. Daar was ’n oorvloed wyn wat die koning voorsien het.
Afrikaans 1933/1953
Daarby het hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!
Afrikaans 1983
Wyn is bedien in goue bekers van verskillende ontwerpe en daar was 'n oorvloed koninklike wyn soos 'n mens van 'n koning kon verwag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wyn is geskink in goue bekers wat almal verskillend was. Koninklike wyn is in oorvloed geskink, soos daar van 'n koning verwag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het gedrink uit goue bekers, die bekers was nie almal dieselfde nie, en daar was baie wyn, die koning het so besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wyn is in goue bekers bedien wat ryklik versier was. Die koning het ook gesorg dat daar nie ’n tekort aan wyn uit sy kelder was nie.