Esther 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die drinkery was volgens die wet; niemand het gedwing nie, want so het die koning aan al die opsigters van sy huis aangestel om te doen volgens elkeen se behae.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning se opdrag was dat elkeen sonder beperking kon drink. Hy het sy paleispersoneel beveel om elkeen se wense te eerbiedig.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.
Afrikaans 1983
Op bevel van die koning is niemand gedwing om te drink nie. Hy het al sy paleisbediendes beveel om na elkeen se wens te handel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Volgens die koning se bevel kon elkeen drink net soveel soos hy wou, want dit is wat die koning die hofmeesters van sy paleis beveel het, naamlik om elkeen se wens te vervul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elkeen kon drink so baie of so min soos hy wou drink. Die koning het gesê die paleis-amptenare moet vir die gaste sê hulle mag self besluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die enigste reël wat by die koning se fees gegeld het, was dat niemand gedwing moes word om meer of minder te drink as wat hy wou nie. Die paleispersoneel moes elkeen toelaat om self te besluit.