Esther 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En koningin Vasti het vir die vroue 'n feesmaal gemaak in die koningshuis wat aan koning Ahasveros behoort het.
Afrikaans (NLV) 2011
Koningin Vasti het terselfdertyd ook die vroue in Ahasveros se paleis onthaal.
Afrikaans 1933/1953
Ook het die koningin Vasti 'n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasv,ros.
Afrikaans 1983
Koningin Vasti het intussen ook die vrouens onthaal in die paleis van koning Ahasveros.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook koningin Vasti het in die paleis van koning Ahasveros vir die vroue 'n feesmaal aangebied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koningin Vasti het ook vir die vroue genooi om te kom eet in die paleis van koning Ahasveros.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terselfdertyd het koningin Vasti ook die vroue in die paleis onthaal.