Esther 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ester het haar volk en haar familie nie te kenne gegee nie, want Mórdegai het haar bevel gegee om dit nie te vertel nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ester het vir niemand gesê van watter volk sy kom, of wie haar familie is nie. Mordegai het haar verbied om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953
Ester het haar volk en haar afkoms nie te kenne gegee nie, omdat Mordegai haar beveel het om dit nie te vertel nie.
Afrikaans 1983
Ester het nie haar volksverband en afkoms bekend gemaak nie, want Mordegai het haar belet om dit te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ester het nie haar volksverband of haar afkoms bekend gemaak nie, want Mordegai het haar beveel om dit nie te doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ester het nie gesê van watter volk sy is en wie haar familie is nie. Mordegai het gesê sy moet stilbly daaroor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op Mordegai se advies het Ester vir niemand iets van haar agtergrond of herkoms vertel nie.