Esther 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Mórdegai het elke dag voor die voorhof van die vrouehuis geloop om te weet hoe dit met Ester gaan en wat van haar sou word.
Afrikaans (NLV) 2011
Mordegai het elke dag in die voorhof van die harem gaan rondstaan om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gebeur.
Afrikaans 1933/1953
En Mordegai het dag vir dag voor die voorhof van die vrouehuis gewandel om te verneem na die welstand van Ester en wat met haar sou gebeur.
Afrikaans 1983
Mordegai het elke dag voor die voorhof van die vrouekwartiere heen en weer geloop om agter te kom hoe dit met Ester gaan en wat met haar gaan gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elke dag het Mordegai buite die voorhof van die harem rondgestap om uit te vind hoe dit met Ester gaan en wat met haar gebeur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mordegai het elke dag by die kamers van die koning se vroue verbygeloop om uit te vind hoe dit met Ester gaan en wat hulle doen met haar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mordegai het elke dag by die binnehof van die vrouekwartiere ’n draai gemaak om te hoor hoe dit met Ester gaan en wat van haar gaan word.