Esther 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het al die meisies so na die koning gekom; alles wat sy wou hê, is aan haar gegee om saam met haar uit die huis van die vroue na die huis van die koning te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Elke meisie kon, wanneer dit haar beurt was om voor die koning in sy paleis te verskyn, uit die harem kies wat sy wou aantrek.
Afrikaans 1933/1953
as die meisie dan so na die koning ingaan, word alles wat sy sê, aan haar gegee, dat dit saam met haar uit die vrouehuis na die koninklike paleis kan gaan.
Afrikaans 1983
Wanneer sy uit die vrouekwartiere na die koning se paleis toe gaan, kon elke meisie alles saamvat wat sy wou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en dan gaan sy in na die koning. Wat sy ook al vra, sal vir haar uit die harem gegee word om saam te neem na die koninklike paleis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
dan kon sy enige iets kry wat sy na die paleis wou saamneem, enige iets uit die kamers van die vroue.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wanneer dit ’n meisie se beurt was om na die koning toe te gaan, kon sy enige klere en juwele kies, net wat sy wou, om haar skoonheid nog verder te beklemtoon om die koning te beïndruk.