Esther 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is Ester na koning Ahasveros in sy koninklike huis geneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.
Afrikaans (NLV) 2011
Ester is na koning Ahasveros se koninklike paleis gevat in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende regeringsjaar van die koning.
Afrikaans 1933/1953
Ester is toe by koning Ahasv,ros in sy koninklike paleis opgeneem in die tiende maand, dit is die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.
Afrikaans 1983
Ester is na koning Ahasveros toe in die paleis geneem in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende regeringsjaar van die koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ester is geneem na Artaxerxes, die koning, in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende jaar van sy regering.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ester het by koning Ahasveros in sy paleis gekom in die tiende maand, die maand Tebet, in die sewende jaar nadat hy koning geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die tiende maand, genoem die maand Tebet, en in die sewende regeringsjaar van koning Ahasveros, is Ester na hom toe geneem in sy paleis.