Esther 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ester het nog nie haar geslag en haar volk bekend gemaak nie; soos Mórdegai haar beveel het; want Ester het die bevel van Mórdegai gedoen soos toe sy by hom grootgemaak is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ester het nog steeds stilgebly oor haar familie en haar volk. Sy het nog steeds gedoen wat Mordegai vir haar sê, soos toe sy nog ’n kind by hom in die huis was.
Afrikaans 1933/1953
Ester het haar afkoms en haar volk nie te kenne gegee nie, soos Mordegai haar beveel het; en Ester het die bevel van Mordegai opgevolg soos toe sy by hom opgevoed is --
Afrikaans 1983
en Ester het in dié stadium nog nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het; sy het Mordegai se opdrag uitgevoer soos toe sy nog onder sy sorg was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ester het nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het. Sy het Mordegai se bevel gehoorsaam soos toe sy nog in sy sorg was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ester het nie gesê wie haar familie is en van watter volk sy is nie. Mordegai het gesê sy moenie vir hulle sê nie, en Ester was nou ook so gehoorsaam soos toe sy grootgeword het by hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ester het nog steeds niks oor haar agtergrond of haar herkoms gesê nie. Sy het nog na Mordegai geluister soos voorheen toe sy deel was van sy huisgesin.