Esther 2:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In daardie dae, terwyl Mórdegai in die poort van die koning gesit het, was twee van die koning se hofdienaars, Bigtan en Teres, van die wat die deur bewaak het, kwaad en het probeer om die hand aan koning Ahasveros te lê.
Afrikaans (NLV) 2011
In die tyd dat Mordegai aan diens was in die poort van die paleis, het die twee haremamptenare Bigtana en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, kwaad geword vir die koning. Hulle het saamgesweer om koning Ahasveros te vermoor.
Afrikaans 1933/1953
in die dae dan, terwyl Mordegai in die poort van die koning sit, het Bigtan en Teres, twee hofdienaars van die koning, drumpelwagters, kwaad geword en getrag om die hand aan koning Ahasv,ros te slaan.
Afrikaans 1983
In dié tyd, terwyl Mordegai in die poort van die paleis gesit het, het Bigtan en Teres, twee paleisbeamptes van die koning wat poortwagte was, verbitter geraak en saamgesweer om koning Ahasveros te vermoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd, terwyl Mordegai in die paleispoort gesit het, het Bigtan en Teres, twee van die koning se paleisamptenare, die deurwagters, hulle bloedig vererg en was toe daarop uit om koning Ahasveros te vermoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In die tyd toe Mordegai 'n amptenaar was by die paleis van die koning, het twee amptenare van die koning kwaad geword vir koning Ahasveros en hulle het besluit om die koning te vermoor. Hulle was wagte wat die koning moes oppas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gedurende die tyd wat Mordegai in diens van die koning was, het Bigtan en Teres, twee van die koning se persoonlike lyfwagte, kwaad geword vir koning Ahasveros en planne beraam om hom te vermoor.