Esther 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die saak ondersoek is, is dit uitgevind; daarom is hulle altwee aan 'n boom opgehang, en dit is geskrywe in die Kroniekboek voor die koning.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die gerug ondersoek word, is gevind dat dit waar is. Die twee mans is toe opgehang. Die gebeurtenis is voor die koning in die geskiedenisboek van sy regering opgeteken.
Afrikaans 1933/1953
Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboek voor die koning beskrywe.
Afrikaans 1983
Die saak is ondersoek en die berig is waar bevind, en die twee manne is aan 'n galg opgehang. Hierdie gebeurtenis is in die annale opgeteken in teenwoordigheid van die koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die saak ondersoek en as waar bevind is, is die twee paleisamptenare aan 'n houtpaal gehang. Dit alles is in die boekrol met die kronieke opgeskryf in die teenwoordigheid van die koning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê sy amptenare moet kyk of dit waar is, en hy het die twee mans laat ophang aan 'n paal. Hy het gesê sy amptenare moet dit in sy dagboek skryf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Ondersoek het toe aan die lig gebring dat Mordegai die waarheid praat. Die twee skuldiges is dadelik gehang. Die koning het opdrag gegee dat hierdie gebeurtenis amptelik as deel van die geskiedenis van sy regeringstyd opgeteken moes word.