Esther 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En laat die meisie wat die koning behaag, koningin word in die plek van Vasti. En die saak het die koning behaag; en hy het dit gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Die meisie wat vir die koning die mooiste is, moet in Vasti se plek koningin gemaak word.” Die koning het van hierdie idee gehou. Hy het toe so gemaak.
Afrikaans 1933/1953
En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.
Afrikaans 1983
en die meisie van wie die koning die meeste hou, moet in die plek van Vasti koningin word.” Die koning het dit 'n goeie voorstel gevind en so gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat die jongmeisie wat die koning geval, koningin word in Vasti se plek.” Die koning het die voorstel goedgevind en hy het so gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en die meisie van wie die koning die meeste hou, moet koningin word ná Vasti. Die koning het gedink dit is 'n goeie plan, en hy het dit gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en dan moet die meisie van wie u die meeste hou, koningin word in Vasti se plek.” Die koning het van die voorstel gehou en hulle raad gevolg.