Esther 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en vir Haman gebuig, want die koning het so aangaande hom bevel gegee. Maar Mordegai het nie gebuig nie, en hom het geen eerbied gehad nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het bepaal dat al sy amptenare wat in die poort van sy paleis diens doen, voor Haman moes buig om aan hom eer te bewys. Mordegai het egter geweier om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953
En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mordegai het nie gebuig of neergeval nie.
Afrikaans 1983
Op bevel van die koning moes al die dienaars van die koning wat in die poort van sy paleis was, kniel en aan Haman eer bewys. Mordegai het egter nie gekniel en aan hom eer bewys nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die dienaars in die koningspoort het gekniel en diep neergebuig voor Haman, want dit is wat die koning beveel het. Mordegai het egter nie gekniel en diep neergebuig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê al die amptenare in die paleis moet voor Haman buig en hulle moet op die grond gaan lê voor hom. Maar Mordegai het dit nie gedoen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op bevel van die koning moes al sy paleisamptenare voor Haman buig om hulle respek vir hom te wys. Almal van hulle het dit gedoen, behalwe Mordegai. Hy het geweier.