Esther 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hatak het toe uitgegaan na Mordegai na die straat van die stad wat voor die koning se poort was.
Afrikaans (NLV) 2011
Hatak gaan toe na Mordegai waar hy op die plein voor die ingang van die koninklike paleis is.
Afrikaans 1933/1953
En Hatag het uitgegaan na Mordegai na die stadsplein wat voor die poort van die koning gelê het.
Afrikaans 1983
Hatak het na Mordegai toe gegaan op die stadsplein voor die poort van die paleis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hatag het uitgegaan na Mordegai op die stadsplein voor die koningspoort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hatak het na Mordegai toe gegaan op die oop stuk grond voor die paleis van die koning,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hatak is toe uit na Mordegai toe waar hy op die binneplein by die ingang van die paleis gestaan het.