Esther 7:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie goddelose Haman. Toe was Haman bang voor die koning en die koningin.
Afrikaans (NLV) 2011
Ester antwoord toe: “Ons vervolger en vyand is hierdie slegte Haman!” Haman het asvaal van skrik voor die koning en koningin geword.
Afrikaans 1933/1953
En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.
Afrikaans 1983
en Ester antwoord: “Die teëstander en vyand is hierdie lae mens, hierdie Haman.” Haman het groot geskrik daar in teenwoordigheid van die koning en koningin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Ester antwoord: “'n Verdrukker en vyand is hierdie bose Haman.” Haman het ineengekrimp van vrees voor die koning en die koningin.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En Ester sê: “Dit is hierdie slegte man Haman. Hy is ons vyand!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Ester: “Ons vyand, die een wat ons vervolg, is hierdie slegte man Haman.” Haman het hom asvaal geskrik en angsbevange na die koning en Ester gestaar.