Exodus 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het hulle taakmeesters oor hulle aangestel om hulle met hulle laste te verdruk. En hulle het vir Farao skattestede gebou, Pitom en Raamses.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Egiptenaars het die Israeliete toe gedwing om vir hulle te werk. Hulle het opsigters oor hulle aangestel. Hulle het die Israeliete harde werk laat doen om hulle te laat swaarkry. Die Israeliete moes die stede Pitom en Rameses vir die farao bou om sy voorrade daarin te stoor.
Afrikaans 1933/1953
Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
Afrikaans 1983
Daar is toe slawedrywers oor hulle aangestel om hulle met dwangarbeid te onderdruk. Hulle moes die voorraadstede Pitom en Rameses vir die farao bou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het toe bevelvoerders van gedwonge arbeid oor die Israeliete aangestel om hulle met dwangarbeid te onderdruk. Hulle moes vir die farao die voorraadstede Pitom en Ramses bou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die farao het die Israeliete toe soos slawe laat werk en hy het mense aangestel om te kyk dat hulle hard werk. Die Israeliete moes vir die farao twee stede bou: Pitom en Rameses. Die farao het kos en ander goed in hierdie stede gebêre.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die farao het toe manne oor die Israeliete aangestel wat hulle gedwing het om die werk te doen wat onbetaalde slawe doen. Die farao, soos die koning van Egipte genoem is, het die Israeliete gebruik om vir hom die twee stede Pitom en Rameses te bou waar hy voorrade kon wegbêre.