Exodus 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het hulle lewe verbitter deur harde slawerny, in pleisterwerk en in baksteen en in allerhande dienswerk in die veld; al hulle diens waarin hulle hulle laat dien het, was met strengheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het die lewe bitter swaar gemaak vir die Israeliete. Die Israeliete moes stene maak en klippe kap en buite in die veld werk.
Afrikaans 1933/1953
en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye -- al die werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
Afrikaans 1983
en die lewe vir hulle bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die lande. Hulle moes onder dwang al die slawewerk vir Egipte doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het hulle lewens bitter gemaak deur die harde slawewerk met klei en bakstene, en ook nog deur allerhande werk op die landerye, ja, met al die werk wat die Egiptenare die Israeliete met geweld gedwing het om te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het die Israeliete baie swaar laat kry en hard laat werk. Die Israeliete moes stene maak van klei en hulle moes in die grond werk. Die Egiptenaars het hulle soos slawe laat werk. Hulle was nie jammer vir die Israeliete nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
en die lewe vir hulle bitter swaar gemaak. Hulle het die Israeliete gedwing om die swaar slawewerk te doen. Hulle moes klei uitgrawe en daarvan bakstene maak, bouklippe kap en op die landerye werk.