Exodus 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue gespreek, waarvan die naam van die een Sifra was, en die naam van die ander Pua:
Afrikaans (NLV) 2011
Die verpleegsters wat die Israelitiese vroue gehelp het om geboorte te gee se name was Sifra en Pua. Die koning van Egipte het vir hulle gesê:
Afrikaans 1933/1953
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue -- die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua -- gespreek
Afrikaans 1983
Die Egiptiese koning het vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning van Egipte het toe met die Hebreeuse vroedvroue, wie se name Sifra en Pua was, gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning van Egipte het ook met die Hebreeuse vroedvroue gepraat. Die een vroedvrou se naam was Sifra, en die ander vroedvrou se naam was Pua.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning van Egipte het Sifra en Pua, die Hebreërs se kraamverpleegsters, probeer dwing om iets leliks te doen.