Exodus 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: As julle die amp van vroedvrou aan die Hebreeuse vroue doen en hulle op die stoelgang sien; as dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak; maar as dit 'n dogter is, dan sal sy lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wanneer julle die Hebreeuse vroue help om geboorte te gee, moet julle elke seuntjie wat gebore word net daar doodmaak. As dit ’n dogtertjie is, mag sy maar bly lewe.”
Afrikaans 1933/1953
en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.
Afrikaans 1983
“As julle 'n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die kraambed dat dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit 'n dogter is, mag sy bly lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue met 'n bevalling help, kyk wat die baba se geslag is. As dit 'n seun is, maak hom dood; maar as dit 'n dogter is, laat haar leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir hulle gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help wat kinders kry, en julle sien dit is 'n seun, dan moet julle hom doodmaak. Maar wanneer dit 'n dogter is, dan mag sy lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy wou hê hulle moes daarvoor sorg dat die seuntjies van die Hebreërs se vroue nie bly lewe nie. Wanneer hulle die vroue help om hulle kinders in die wêreld te bring, moes hulle die seuntjies laat doodgaan. As dit dogtertjies was, kon hulle bly lewe.