Exodus 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte hulle beveel het nie, maar die seuntjies in die lewe gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Omdat hierdie vroue die Here gedien het, het hulle nie gedoen wat die koning van Egipte gesê het nie. Hulle het die seuntjies laat bly lewe.
Afrikaans 1933/1953
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.
Afrikaans 1983
Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die vroedvroue het vir God ontsag gehad en hulle het nie gedoen wat die koning van Egipte vir hulle gesê het nie. Hulle het die seuntjies laat leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vroedvroue was bang dat God hulle sal straf, en hulle het nie gedoen wat die koning van Egipte vir hulle gesê het nie. Hulle het die seuns laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat hierdie twee verpleegsters respek vir God gehad het, het hulle nie gedoen wat die farao gesê het nie. Hulle het die seuntjies ook laat bly lewe.