Exodus 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die koning van Egipte het die vroedvroue laat roep en vir hulle gesê: Waarom het julle hierdie ding gedoen en die seuntjies in die lewe gebring?
Afrikaans (NLV) 2011
Die koning het die vroue toe laat roep en vir hulle gevra: “Hoekom maak julle so? Hoekom laat julle die seuntjies bly lewe?”
Afrikaans 1933/1953
Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?
Afrikaans 1983
Die Egiptiese koning het die vroedvroue ontbied en vir hulle gevra: “Waarom doen julle dit? Waarom laat julle die seuntjies lewe?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning van Egipte het toe die vroedvroue ontbied en vir hulle gesê: “Waarom het julle dit gedoen? Julle laat die seuntjies leef!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning van Egipte roep toe die vroedvroue en vra vir hulle: “Hoekom doen julle nie wat ek gesê het nie? Hoekom maak julle nie die seuns dood nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die koning het toe die twee vroue laat kom. Hy vra vir hulle: “Nou hoekom laat julle die seuntjies bly lewe?”