Exodus 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het God die vroedvroue goed gehandel, en die volk het vermeerder en baie magtig geword.
Afrikaans (NLV) 2011
God het dit goed laat gaan met die kraamverpleegsters. Die Israeliete het steeds al meer en al sterker geword.
Afrikaans 1933/1953
Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
Afrikaans 1983
As gevolg hiervan het die volk aanhou vermeerder en baie talryk geword. God het toe die vroedvroue self ook voorspoedig gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En God het die vroedvroue goed behandel. Die volk se getalle het vermeerder en hulle het besonder baie geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
[20-21] God was goed vir die twee vroedvroue. God het vir hulle kinders gegee omdat hulle gehoorsaam was aan Hom. Die Israeliete het baie geword, hulle het 'n sterk volk geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Israeliete het op dié manier net al meer en al sterker geword.