Exodus 1:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Farao het aan sy hele volk bevel gegee en gesê: Elke seun wat gebore word, moet julle in die Nyl gooi, en elke dogter moet julle in die lewe red.
Afrikaans (NLV) 2011
Die farao het toe aan al sy mense opdrag gegee: “Elke Israelitiese seuntjie wat gebore word, moet julle in die Nylrivier verdrink. Julle kan die dogtertjies maar laat lewe.”
Afrikaans 1933/1953
Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.
Afrikaans 1983
Daarna het die farao sy hele volk beveel: “Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die farao het toe sy hele volk beveel: “Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl gooi, maar al die dogters moet julle laat leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het die farao vir al sy mense gesê: “Julle moet elke Hebreeuse seuntjie wat gebore word, in die Nyl-rivier gooi. Maar moenie die dogtertjies doodmaak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die farao het toe al die Egiptenaars beveel om alle pasgebore Israelitiese seuntjies in die Nyl te gooi. Hulle moes die dogtertjies egter laat bly lewe.