Exodus 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kinders van Israel was vrugbaar en het baie vermeerder en vermeerder en uitermate magtig geword; en die land was vol van hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Israeliete was egter vrugbaar en het baie kinders gehad. Om die waarheid te sê, hulle was naderhand so baie en invloedryk dat hulle oor die hele land gewoon het.
Afrikaans 1933/1953
Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle.
Afrikaans 1983
Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword, so baie dat die land vol was van hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die Israeliete was vrugbaar en het vermenigvuldig; hulle het vermeerder en besonder talryk begin word. Die land was vol van hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Israeliete was vrugbaar, hulle het baie geword. Hulle het 'n baie groot volk geword, die land het vol Israeliete geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Israeliete het baie kinders gehad en het net al meer geword. Daar was naderhand so baie van hulle dat hulle oor die hele Egipte gaan bly het.