Exodus 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het die volk gerig op alle tye; die moeilike sake het hulle vir Moses gebring, maar elke klein saak het hulle self geoordeel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle was voltydse regters oor die volk. Groter sake is na Moses toe gebring en kleiner sake het hulle self hanteer.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het voortdurend oor die volk die regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
Afrikaans 1983
Hulle het deurentyd hofsittings gehou. Die belangrike sake is na Moses verwys, en die geringes is deur die leiers verhoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het te alle tye die volk se regsake behartig. Die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar oor al die maklike sake het hulle self beslis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die leiers het geluister na die mense se probleme. Hulle het die groot probleme na Moses toe gebring. Hulle kon self besluit oor die klein probleme.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle was deurentyd beskikbaar vir die volk om na hulle sake te luister. Hulle het die moeiliker sake na Moses verwys. Die sake wat makliker was, het hulle self verhoor.