Exodus 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Moses het die volk uit die laer uitgelei om God te ontmoet; en hulle het aan die onderkant van die berg gaan staan.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het die volk uit die kamp uitgelei om God te gaan ontmoet. Hulle het aan die voet van die berg gaan staan.
Afrikaans 1933/1953
Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
Afrikaans 1983
Toe het Moses hulle uit die kamp laat uitgaan om voor God te gaan verskyn, en hulle het by die voet van die berg gaan staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses het die volk uit die kamp uitgelei om God te ontmoet. Hulle het by die voet van die berg gaan staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het die mense uit die kamp gebring om God te ontmoet, en hulle het by die voet van die berg gaan staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het die volk toe uit die kamp laat kom om die Here by die berg te gaan ontmoet. Hulle het by die voet van die berg gaan staan.