Exodus 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Wie het jou 'n vors en 'n regter oor ons aangestel? was jy van plan om my dood te maak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het? En Moses het bevrees geword en gesê: Waarlik, hierdie saak is bekend.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wie is jy nogal?” het die man teruggeantwoord. “Wie het jou as baas en regter oor ons aangestel? Wil jy my ook doodmaak soos jy die Egiptenaar gister doodgemaak het?” Moses het geskrik. Hy het vir homself gesê: “Almal weet wat gebeur het.”
Afrikaans 1933/1953
En hy antwoord: Wie het jou as owerste en regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar omgebring het? En Moses het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend geword!
Afrikaans 1983
“Wie het jou aangestel as baas en regter oor ons?” vra die ander. “Wil jy my miskien ook doodslaan, soos jy die Egiptenaar doodgeslaan het?” Toe skrik Moses en hy dink: die ding het bekend geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die man het geantwoord: “Wie het jou as •aanvoerder en regter oor ons aangestel? Dink jy om my ook dood te maak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het?” Moses het bang geword en gedink, sowaar, die saak het bekend geword!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die man sê toe: “Wie het gesê jy mag oor ons regeer? Wie het gesê jy kan vir ons sê wat ons moet doen? Wil jy my ook doodmaak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het?” Moses het bang geword. Hy het besef dat hulle weet wat hy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die man kap toe terug: “Wie het jou altemit aangestel om baas te speel en oor ons te besluit? Gaan jy my ook doodmaak soos jy die Egiptenaar doodgemaak het?” Moses het hom boeglam geskrik en vir homself gesê: “Die ding het op die lappe gekom.”