Exodus 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe Farao dit hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van die aangesig van Farao gevlug en in die land Mídian gaan woon, en hy het gaan sit by 'n put.
Afrikaans (NLV) 2011
Die farao het ook van die ding te hore gekom. Hy het opdrag gegee dat Moses gesoek en tereggestel moes word. Moses het egter vir die farao gevlug. Moses het in die landstreek van Midian gaan woon. Terwyl hy daar by ’n put sit,
Afrikaans 1933/1953
En toe Farao van die saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land M¡dian gaan woon. En hy het by 'n put gesit.
Afrikaans 1983
Toe dit by die farao uitkom, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon. Terwyl hy daar by 'n put sit,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die farao van hierdie saak hoor, wou hy Moses laat doodmaak. Maar Moses het van die farao af weggevlug om in die land Midian te gaan woon. Hy het daar by 'n put gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die farao hoor wat Moses gedoen het, wou hy vir Moses laat doodmaak, maar Moses het gevlug en hy het in Midian gaan woon. Toe hy eendag daar by 'n put sit,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die farao hoor wat gebeur het, het hy inderdaad ook na Moses laat soek om hom dood te maak. Moses het toe uit Egipte gevlug om van die farao af weg te kom. Hy het in ’n plek met die naam Midian aangekom. Hy het by ’n waterput gaan sit.