Exodus 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester van Mídian het sewe dogters gehad, en hulle het gekom en water geskep en die bakke volgemaak om hulle vader se kleinvee nat te maak.
Afrikaans (NLV) 2011
het die priester van Midian se sewe dogters daar kom water skep. Hulle het die drinkbakke vol water gemaak sodat hulle pa se diere kon suip.
Afrikaans 1933/1953
En die priester van M¡dian het sewe dogters gehad: die het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
Afrikaans 1983
het die sewe dogters van 'n priester van Midian kom water skep om die drinkbakke vol te maak en hulle pa se kleinvee te laat suip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester van Midian het sewe dogters gehad. Hulle het daar aangekom om water uit die put op te trek en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se kleinvee te laat drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
kom daar sewe meisies aan. Hulle was die dogters van die priester van Midian. Hulle het water uit die put kom skep om die waterbakke vol te maak sodat hulle pa se skape en bokke kon drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar in Midian was ’n man wat vir die Here gewerk het. Hy het sewe dogters gehad. Hulle het daar aangekom om water uit die put op te trek om die bakke waaruit hulle pa se kleinvee drink, vol water te maak sodat hulle kan suip.