Exodus 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die herders het gekom en hulle weggejaag, maar Moses het opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat drink.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar kom toe mans wat vee oppas en verdryf die meisies van die put af. Moses het die meisies te hulp gesnel en hulle gehelp om hulle vee te laat suip.
Afrikaans 1933/1953
Maar die veewagters het gekom en hulle weggedrywe. Toe staan Moses op en help hulle en laat hulle vee drink.
Afrikaans 1983
Toe daar veewagters aankom en die dogters wegjaag, het Moses opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat suip.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar daar het veewagters opgedaag en hulle weggejaag. Moses het opgestaan, hulle gehelp en hulle kleinvee laat drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar daar het skaapwagters gekom en hulle het die meisies weggejaag. Moses het toe opgestaan en hy het die meisies gehelp. Hy het vir hulle skape en bokke water gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe daar ander mans met hulle vee aankom, wou hulle die meisies wegjaag. Moses het gekeer en hulle gehelp dat hulle kleinvee eers klaar kon drink.