Exodus 2:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy het vir hom 'n seun gebaar, en hy het hom Gersom genoem, want hy het gesê: Ek was 'n vreemdeling in 'n vreemde land.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het later ’n seuntjie gehad. Moses het hom Gersom genoem. Hy het gesê: “Ek is ’n vreemdeling in ’n vreemde land.”
Afrikaans 1933/1953
En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling in 'n vreemde land geword.
Afrikaans 1983
Toe sy 'n seuntjie kry, het Moses hom Gersom genoem, “want,” het hy gesê, “ek woon as vreemdeling in 'n vreemde land.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy het aan 'n seun geboorte gegee, en Moses het hom Gersom genoem, “Want,” het hy gesê, “ek het 'n •vreemdeling geword in 'n vreemde land.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sippora het 'n kind gekry, en Moses het hom Gersom genoem. Hy het gesê: “Ek is 'n vreemdeling in hierdie land.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sippora het later ’n seuntjie gehad. Moses het hom Gersom genoem. Dit beteken “vreemdeling”, want Moses het gesê: “Ek leef as vreemdeling in ’n vreemde land.”