Exodus 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe sy hom nie meer kon wegsteek nie, het sy vir hom 'n ark van biesies geneem en dit met slyk en pik bestryk en die kind daarin neergelê; en sy het dit in die vlae by die wal van die rivier neergelê.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sy hom nie langer kon wegsteek nie, het sy ’n mandjie van riet gevat en dit met klei en pik waterdig gemaak. Sy het die baba in die mandjie gesit en hom tussen die riete van die Nylrivier weggesteek.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie, het sy vir hom 'n mandjie van biesies geneem en dit met lymgrond en pik bestryk; en sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die riete aan die kant van die Nyl gesit.
Afrikaans 1983
Langer kon sy hom nie wegsteek nie. Daarom het sy vir hom 'n biesiemandjie gekry en dit met klei en pik dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit tussen die riete aan die kant van die Nyl gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar toe sy hom nie meer kon wegsteek nie, het sy vir hom 'n papirusmandjie gekry en dit met pik en teer dig gemaak. Sy het die seuntjie daarin neergelê en dit in die palmiete aan die kant van die Nyl neergesit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hy groter word, kon sy hom nie meer wegsteek nie. Sy het vir hom 'n kissie gemaak van biesies en sy het klei en teer aan die kissie gesmeer sodat daar nie water kon inkom nie. Sy het haar kind in die kissie gesit en sy het die kissie op die Nyl-rivier gaan sit, tussen die riete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sy hom nie meer kon wegsteek nie, het sy vir hom ’n gevlegte mandjie gemaak om in te lê. Sy het dit met pik waterdig gemaak en die seuntjie daarin neergesit. Toe het sy die mandjie tussen die riete aan die kant van die Nyl gaan sit.