Exodus 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê sy suster vir Farao se dogter: Sal ek gaan en vir jou 'n pleegster van die Hebreeuse vroue roep, dat sy die kind vir jou kan soog?
Afrikaans (NLV) 2011
Die seuntjie se suster het toe nadergekom en die prinses gevra: “Sal ek ’n Hebreeuse vrou gaan haal om die baba vir u te versorg?”
Afrikaans 1933/1953
Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal ek vir u 'n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die seuntjie kan soog?
Afrikaans 1983
Sy suster kom sê toe vir die farao se dogter: “Mag ek vir u 'n vrou gaan roep, 'n Hebreeuse vrou met 'n pasgebore baba, dat sy die seuntjie vir u kan laat drink?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sy suster vra toe vir die farao se dogter: “Moet ek gaan en vir u 'n pleegma onder die Hebreeuse vroue gaan roep, sodat sy die seuntjie vir u kan voed?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die kind se suster vra toe vir die farao se dogter: “Moet ek vir jou een van die Hebreeuse vroue gaan roep wat 'n kind het wat aan haar drink? Dan kan sy hierdie kind laat drink.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy sussie kom toe nader en vra vir die farao se dogter: “Kan ek maar iemand by die Hebreërs vir u gaan haal wat die babatjie kan laat drink en hom vir u kan oppas?”