Exodus 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Farao se dogter vir haar: Gaan! En die diensmeisie het gegaan en die kind se moeder geroep.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ja, asseblief,” het die farao se dogter geantwoord. Die meisie het die seuntjie se ma gaan roep.
Afrikaans 1933/1953
En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.
Afrikaans 1983
Die dogter van die farao het haar geantwoord: “Ja, goed!” Die meisie het toe die seuntjie se ma gaan roep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die farao se dogter het vir haar gesê: “Gaan!” Die jongmeisie gaan roep toe die seuntjie se moeder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die farao se dogter sê toe vir haar: “Ja, gaan!” En die meisie het gegaan en sy het die kind se ma gaan roep.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die farao se dogter antwoord haar: “Asseblief, ja. Gaan haal haar.” Die meisie het toe haar ma gaan haal.