Exodus 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie kindjie weg en soog dit vir my, en ek sal jou jou loon gee. En die vrou het die kind geneem en dit gevoed.
Afrikaans (NLV) 2011
“Vat hierdie babatjie en gaan voed hom,” het die farao se dogter vir haar gesê. “Ek sal jou daarvoor betaal.” Sy eie ma het hom gevat en gaan versorg.
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die seuntjie geneem en hom gesoog.
Afrikaans 1983
Toe beveel die farao se dogter die ma: “Neem hierdie seuntjie en laat hom vir my drink. Ek sal jou daarvoor betaal.” Die vrou het die seuntjie geneem en vir hom gesorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die farao se dogter het vir haar gesê: “Neem hierdie seuntjie en voed hom vir my. Ek sal jou self daarvoor betaal.” Die vrou het die seuntjie geneem en hom gevoed.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die farao se dogter het vir die ma gesê: “Neem hierdie kind en maak hom groot. Ek sal jou daarvoor betaal.” Die vrou het toe die kind geneem en sy het hom laat drink.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die farao se dogter het vir haar gesê: “Vat hierdie babatjie en laat hom aan jou drink. Ek sal jou daarvoor betaal.” Sy ma het hom toe gevat en vir hom gesorg.