Exodus 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En my toorn sal ontvlam, en Ek sal jou met die swaard doodmaak; en julle vroue sal weduwees en julle kinders wees wees.
Afrikaans (NLV) 2011
My woede sal teen julle losbreek en Ek sal julle in die oorlog laat omkom. Julle vroue sal dan ook weduwees word en julle kinders sonder ouers.
Afrikaans 1933/1953
en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
Afrikaans 1983
Dan sal my toorn ontvlam, en Ek sal jou om die lewe bring, sodat jou vrou 'n weduwee word en jou kinders weeskinders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My toorn sal ontbrand en Ek sal julle met die swaard ombring. Dan sal julle vroue weduwees word en julle kinders vaderloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal baie kwaad word en Ek sal julle doodmaak. Dan sal júlle vroue weduwees word en júlle kinders sal weeskinders word.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***