Exodus 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Moses en sy dienaar Josua opgestaan, en Moses het op die berg van God geklim.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses en sy helper Josua het teen God se berg uitgeklim.
Afrikaans 1933/1953
Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim
Afrikaans 1983
Moses en sy assistent Josua is toe hoër teen die berg van God op.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses en Josua, sy helper, het gereedgemaak, en Moses het die berg van God uitgeklim.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses en Josua, sy helper, het toe gereedgemaak en Moses het opgegaan teen die berg van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses en sy helper Josua het toe gereedgemaak. Moses het verder teen die berg uitgeklim.