Exodus 25:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die kandelaar moet vier amandelsbakke wees, met hulle knoppe en hulle blomme.
Afrikaans (NLV) 2011
Die steel in die middel moet vier amandelbloeisels hê met knoppe en blare.
Afrikaans 1933/1953
Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme:
Afrikaans 1983
Vir die hoofstam van die kandelaar moet daar vier blomkelke, in die vorm van amandelbloeisels, met knoppe en kroonblare wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die menora self moet daar vier kelke wees, gevorm soos amandelbloeisels met hulle blomknoppe en blomme.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar moet vier blomme aan die stam wees. Hulle moet ook lyk soos die blomknoppe en blomme van amandelbome.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die steel self moet vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare aan die bokant hê.