Exodus 28:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En onderaan die soom daarvan moet jy granate maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, rondom die soom daarvan; en goue klokkies tussen hulle rondom;
Afrikaans (NLV) 2011
Maak tosseltjies van blou, pers en bloedrooi garing en werk dit vas aan die mantel met goue klokkies tussenin.
Afrikaans 1933/1953
En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:
Afrikaans 1983
Rondom die some moet jy granaatjies van blou, pers en bloedrooi wolstof maak met goue klokkies tussenin,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die soomnate van die mantel moet jy granate borduur met pers, purperrooi en karmosynrooi wol – op al die soomnate reg rondom – en met goue klokkies tussenin:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet granate maak van blou, pers en bloedrooi wol-materiaal en julle moet dit vaswerk op die soom van die oorkleed. Langs elke granaat moet 'n goue klokkie wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[33-34] Al om die soom van hierdie deel moet jy om die beurt blou, pers en bloedrooi tosseltjies vaswerk, afgewissel met goue klokkies wat reg rondom die hele kledingstuk gaan.