Exodus 28:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos die gravure van 'n seël: HEILIG AAN DIE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
“Maak ook ’n blom van suiwer goud. Graveer daarop soos op ’n seëlring die woorde: ‘Net vir die Here.’
Afrikaans 1933/1953
Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
Afrikaans 1983
“Jy moet 'n blom van suiwer goud maak en daarop, soos op 'n seëlring, graveer: Aan Die Here Gewy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Jy moet 'n roset van suiwer goud maak en daarop graveer, soos wanneer 'n seëlring gegraveer word, ‘Heilig vir die Here. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n blom van skoon goud maak en julle moet daarop skryf soos 'n mens op 'n ring skryf: ‘ Gewy aan die Here.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Maak ’n blom van suiwer goud. Graveer daarop: ‘Vir die Here alleen.’