Exodus 29:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nou is dit wat jy op die altaar moet offer; twee lammers van die eerste jaar dag vir dag voortdurend.
Afrikaans (NLV) 2011
“Dit is wat jy op die altaar moet offer: Offer elke dag twee jaaroud lammers op die altaar.
Afrikaans 1933/1953
En dit is wat jy op die altaar moet berei: twee jaaroud lammers gereeld elke dag.
Afrikaans 1983
“Jy moet die volgende op die altaar offer: elke dag twee jaaroud lammers,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is wat jy gereeld, elke dag, op die altaar moet offer: twee jaaroud ramlammers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet elke dag twee lammers op die altaar offer. Die lammers moet een jaar oud wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Jy moet so maak by die altaar: jy moet elke dag twee lammers offer wat elkeen ’n jaar oud is.