Exodus 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Moses het die kleinvee van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian, opgepas; en hy het die kleinvee na die agterkant van die woestyn gelei en by die berg van God gekom, tot by Horeb.
Afrikaans (NLV) 2011
Moses het sy skoonpa, Jetro, se skape opgepas. Jetro was een van die priesters van Midian. Moses het al dieper in die woestyn inbeweeg en by Horeb uitgekom. Dit is die berg van God.
Afrikaans 1933/1953
En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van M¡dian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb.
Afrikaans 1983
Moses het die kleinvee van sy skoonpa Jetro, 'n priester van Midian, opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag totdat hy by Horeb, die berg van God, gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses het sy skoonvader, Jetro, die priester van Midian, se kleinvee opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag en uitgekom by die berg van God, by Horeb.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het sy skoonpa Jetro se skape en bokke opgepas. Sy skoonpa was die priester van Midian. Eendag het Moses die skape en bokke diep in die woestyn in geneem. Hy het by Sinai-berg gekom, die berg van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het sy skoonpa, Jetro, se vee opgepas. Jetro was die man in Midian wat vir die Here gewerk het. Moses het toe met sy skoonpa se vee al dieper die woestyn in getrek. Hy het naderhand by God se berg uitgekom. Dit is die berg Horeb.