Exodus 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kom dan nou, en Ek sal jou na Farao stuur, dat jy my volk, die kinders van Israel, uit Egipte kan uitlei.
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan nou! Ek stuur jou na die farao toe. Jy moet my volk, die Israeliete, weglei uit Egipte uit.”
Afrikaans 1933/1953
Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.
Afrikaans 1983
Daarom stuur Ek jou na die farao toe sodat jy my volk, die Israeliete, uit Egipte kan bevry.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gaan dan nou! Ek stuur jou na die farao om my volk, die Israeliete, uit Egipte uit te lei.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek wil jou na die farao toe stuur om my volk, die Israeliete, uit Egipte te bring.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaan terug Egipte toe. Ek wil hê jy moet na die farao toe gaan. Jy moet my volk uit Egipte gaan uitlei.”