Exodus 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Moses vir God: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en die kinders van Israel uit Egipte sou uitlei?
Afrikaans (NLV) 2011
“Maar wie is ek dan om voor die farao te verskyn?” het Moses vir God gevra. “Hoe kan U dit van my verwag om die Israeliete uit Egipte weg te lei?”
Afrikaans 1933/1953
Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?
Afrikaans 1983
Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moses het egter vir God gesê: “Wie is ek, dat ek na die farao kan gaan en dat ek die Israeliete uit Egipte kan lei?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moses het vir God gesê: “Ek is nie 'n belangrike man nie. Ek kan nie na die farao toe gaan en die Israeliete uit Egipte bring nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moses het toe vir die Here gesê: “Wie is ék dan nou dat dit juis ek is wat na die farao toe moet gaan? En wie is ék dat ek die Israeliete uit Egipte moet uitlei?”