Exodus 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Ek sal sekerlik by jou wees; en dit sal vir jou 'n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte uitgelei het, moet julle God op hierdie berg dien.
Afrikaans (NLV) 2011
God het geantwoord: “Ek sal by jou wees. Wanneer jy die volk uitgelei het uit Egipte en julle God by hierdie selfde berg kom aanbid, sal dit vir jou die bewys wees dat dit Ek is wat jou gestuur het.”
Afrikaans 1933/1953
En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.
Afrikaans 1983
God het Moses geantwoord: “Ek sal by jou wees en die bewys dat Ek jou gestuur het, sal dít wees: wanneer jy die volk uit Egipte bevry het, sal julle My by hierdie berg aanbid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het geantwoord: “Ek is immers by jou. En dit sal vir jou die teken wees dat dit Ek is wat jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar God het gesê: “Ek sal by jou wees en Ek sal vir jou 'n teken gee om te bewys dat Ek jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gebring het, dan sal julle My op hierdie berg kom dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here antwoord hom: “Ek self sal saam met jou gaan. Wanneer jy die volk uit Egipte uitgelei het en hulle kom aanbid My by hierdie berg, sal dit die bewys wees dat dit Ek is wat jou gestuur het.”